Featured Post

Inleiding

Welkom by ons Verbruikerstudie blog.   Verbruikerstudie handel oor verbruikersgedrag en verantwoordelikhede ten opsigte van voedsel, kl...

Tuesday, May 10, 2016

Inleiding

Welkom by ons Verbruikerstudie blog.  



Verbruikerstudie handel oor verbruikersgedrag en verantwoordelikhede ten opsigte van voedsel, kleding, behuising, meublement en huishoudelike apparate. Die doel van verbruikerstudies is om leerders op te lei om ingeligte besluite te neem en om optimaal gebruik te maak van hulpbronne om menslike welstand te verbeter.

Verbruikerstudies het ook 'n praktiese afdeling waar daar geleentheid is vir die leerders om verskillende produkte te maak en sowel as die bemarking daarvan. 


Hierdie blog is beskikbaar gestel om leerders en ouers, vinnig en direk met die nodige inligting rondom die vak toe te rus. Verrykende inligting, nuwe neigings en onlangse nuus met betrekking tot Verbruikerstudies sal hier weergegee word.
Alle aktiwiteite en inligting sal gegrond wees op die onderwerpe en lesdoelwitte van die KABV 

Ons doel is om leerders van Graad 10 al voor te berei vir die Graad 12 eindeksamen en om 'n passie en liefde vir Verbruikerstudies te kweek. 

"We used to think that the enterprise was the hardest customer to satisfy, but we were wrong. It turns out, consumers are harder than the enterprise because the consumer will not give you a second chance. " - Eric Schmidt 


No comments:

Post a Comment