Die plaaslike munisipaliteit hou 'n herwinnings-EXPO.
Leerders kan hul herwinde produkte inskryf.
Daar is pryse vir produkte wat die mees kreatief is t.o.v. gebruik en watter produk herwin word.
Dit sĂȘ vir ons dat hulle kyk na die tipe afvalstof en watter bydrae dit tot jou alledaagse lewe kan lewer.
Ons gaan in die klas die herwinnings projek doen, maar jy kan op jou eie ook produkte inskryf.
Datum: 27 Mei 2016
Plek: Burgersentrum
Tyd: 10 uur
Kostes: R10 per inskrywing
"Embrace your creativity."
Verryk en Verbruik
Verbruikerstudies
Featured Post
Inleiding
Welkom by ons Verbruikerstudie blog. Verbruikerstudie handel oor verbruikersgedrag en verantwoordelikhede ten opsigte van voedsel, kl...
Tuesday, May 10, 2016
Aanlyn toets
Gaan doen die volgende toets om jou kennis oor herwinning te toets.
Gaan kliek op die volgende skakel.
9 - 13 Mei 2016
Graad 10
Onderwerp: Voedsel en Voeding
Tema van die week: AFVALBEHEER & HERWINNING
Te veel afval word gespek deur vandag se verbruikers en daar is te min opvulterreine om dit te stoor.
Deur afvalbeheer kan ons bydra tot die vermindering van hierdie afvalberg.
Herwinning is 'n innoveerende manier om ou produkte en materiale te herskep in interessante nuwe produkte of versierings.
In die week se klas gaan ons:
- hoe om afval te verminder;
- die hergebruik van afval en
- herwinning van afval
Huiswerk:
In jou handboek - Bl. 92 Aktiwiteit 1 en 2 (Maandag)
Bl. 94 Aktiwiteit 3 (Woensdag)
Bl. 95 Aktiwiteit 4 (Donderdag)
BRING HERWINBARE AFVAL KLAS TOE VRYDAG. ONS GAAN ONS KREATIWITEIT BIETJIE BENUT.
Kyk solank bietjie na die volgende idees.
Inleiding
Welkom by ons Verbruikerstudie blog.
Verbruikerstudie handel oor verbruikersgedrag en verantwoordelikhede ten opsigte van voedsel, kleding, behuising, meublement en huishoudelike apparate. Die doel van verbruikerstudies is om leerders op te lei om ingeligte besluite te neem en om optimaal gebruik te maak van hulpbronne om menslike welstand te verbeter.
Verbruikerstudies het ook 'n praktiese afdeling waar daar geleentheid is vir die leerders om verskillende produkte te maak en sowel as die bemarking daarvan.
Hierdie blog is beskikbaar gestel om leerders en ouers, vinnig en direk met die nodige inligting rondom die vak toe te rus. Verrykende inligting, nuwe neigings en onlangse nuus met betrekking tot Verbruikerstudies sal hier weergegee word.
Alle aktiwiteite en inligting sal gegrond wees op die onderwerpe en lesdoelwitte van die KABV
Alle aktiwiteite en inligting sal gegrond wees op die onderwerpe en lesdoelwitte van die KABV
Ons doel is om leerders van Graad 10 al voor te berei vir die Graad 12 eindeksamen en om 'n passie en liefde vir Verbruikerstudies te kweek.
"We used to think that the enterprise was the hardest customer to satisfy, but we were wrong. It turns out, consumers are harder than the enterprise because the consumer will not give you a second chance. " - Eric Schmidt
Subscribe to:
Posts (Atom)